Amerikaanse regering help Namibiese jeugministerie met geslagsgeweldprojek van N$5,4 miljoen

Die Amerikaanse regering en Namibië se jeugministerie het vandag ‘n nuwe program van stapel gestuur om beter dienste aan tienermeisies, jong vroue en hul mansvriende te lewer om geslagsgeweld en MIV te voorkom. Die projek ter waarde van 5,4 miljoen Namibiese dollar is vandag onderteken. Andrew Karas, USAID se streekmissiedirekteur vir Suider-Afrika, verduidelik waaroor die projek gaan.