Amerikaanse Ope: Sinner v Medvedev in kwarteindronde
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië kom in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope teen die Rus, Daniil Medvedev te staan. Sinner het die Amerikaner Tommy Paul met 7-6, 7-6, 6-1 uitgeskakel terwyl Medvedev, die enigste oorblywende kampioen in die toernooi, Nuno Borges van Portugal met 6-0, 6-1, 6-3 van die baan gevee het. Alex de Minaur van Australië en Jack Draper van Brittanje is ook deur na die kwarteindronde. In die vroueafdeling het die wêreld-nommer-een, Iga Swiatek van Pole die Rus, Liudmilla Samsonova, met 6-4, 6-1 geklop en sy kom nou in die kwarteindronde teen die sesde gekeurde Amerikaner, Jessica Pegula te staan.