Amerikaanse Ope: Djokovic sê nee vir inenting

Die 20-malige grand slam-kampioen, Novak Djokovic, het herhaal dat hy hom nie teen Covid-19 gaan laat inent nie. Dit ten spyte daarvan dat hy om dié rede nie aan die Amerikaanse Ope mag deelneem nie en dus meer rangorde-punte gaan verloor. Die Serwiër begin vandag om sy Wimbledon-titel te verdedig wanneer hy Soonwoo Kwon van Suid-Korea die stryd aansê. Djokovic sê op hierdie stadium van sy loopbaan is rangorde-punte nie so belangrik nie: