Amerikaanse miljardêr wil Titanic-wrak besoek

‘n Amerikaanse eiendomsmagnaat en diepsee-ontdekker beplan ‘n dompelduikbootvaart na die wrak van die Titanic. Die miljardêr en avonturier van Ohio, Larry Connor, en die medestigter van Triton-duikbote, Patrick Lahey, sê hulle wil sowat 3 800m in die Noordelike Atlantiese Oseaan afdaal. Vyf mense is verlede jaar dood toe nog ‘n dompelduikboot, die OceanGate, onderweg na die Titanic ingeplof het. Die datum vir die beplande ekspedisie is nog nie bekend nie.