Amerikaanse joernalis bly agter tralies in Rusland
‘n Russiese hof het die Wall Street Journal-joernalis, Evan Gershkovich, se appèl verwerp, teen ‘n besluit om hom aan te hou voor sy spioenasiesaak begin. Sy regspan het aangebied om borgtog van 11 miljoen Namibiese dollar te betaal sodat hy vrygelaat of onder huisarres geplaas kan word, maar die hof het hom borgtog geweier. Indien die 31-jarige man skuldig bevind word, kan hy tot 20 jaar agter tralies deurbring. Amerika se ambassadeur in Moskou, Lynne Tracy, het gevra dat Gershkovich onmiddellik vrygelaat word: