Amerikaanse Huis keur TikTok-wet goed, China sal moet uit

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n wetsontwerp aanvaar wat die gewilde sosiale media-toepassing TikTok sal dwing om sy bande te verbreek met sy Chinese moedermaatskappy ByteDance, of uitgesluit word uit die Amerikaanse mark. Daar word berig ByteDance sal die toepassing binne ‘n jaar moet verkoop of uitgesluit word uit Apple en Google se winkels in die VSA. Die ultimatum is ingesluit in ‘n breër teks oor hulp aan Oekraïne, Israel en Taiwan. TikTok het vinnig gekla ná die stemming en noem dit ‘n ongelukkige toedrag van sake.