Amerikaanse dollar verswak effe

Die Amerikaanse dollar het met 0,6 persent verswak in die afgelope 24 uur na die land se Federale Reserwebank die rentekoers onveranderd gehou het. Dit was die laaste aankondiging vir die jaar. Die dollar neig sterker met ‘n hoër rentekoers omdat daar dan vraag is na die kommoditeit maar, wanneer dit onveranderd is of daal, verswak die dollar. Op die oomblik verhandel die Suid-Afrikaanse rand teen 18,58, af van 19,08 teen die Amerikaanse geldeenheid.