Amerikaanse dollar, olie styg steeds, ekonoom verduidelik
‘n Ekonoom het sy reaksie gegee op Moody’s wat die kredietgraderings van verskeie klein tot medium grootte Amerikaanse banke verlaag. Moody’s het die graderings van tien banke met een kerf gesny en ses bankreuse op ‘n lys geplaas vir moontlike afgraderings. Die agentskap sê die stappe kom omdat ‘n kleiner resessie op die horison is vir vroeg volgende jaar. Die Amerikaanse dollar het intussen in die afgelope sewe dae met amper 6 persent versterk en die rand verhandel op die oomblik net onder 19 teen die geldeenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor hoekom die Amerikaanse dollar steeds versterk terwyl Moody’s die banke afgegradeer het…
China se ekonomie sukkel steeds om ná die Covid-pandemie te herstel. Maar Brent verhandel op die oomblik net onder 88 Amerikaanse dollar ‘n vat, op met 1,6 persent in 24 uur. Klopper verduidelik waarom oliepryse steeds hoog bly.