Amerikaanse boere meld vrektes op bees met voëlgriep aan

Melkkoeie wat in vyf Amerikaanse state met voëlgriep besmet is, is dood of is deur boere geslag omdat hulle nie herstel het nie. Berigte van die vrektes dui daarop dat die voëlgriep-uitbreking by koeie ‘n groter ekonomiese impak het as wat aanvanklik gedink is. ’n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van landbou sê die agentskap weet van ’n paar vrektes maar dat die oorgrote meerderheid koeie goed herstel. Sommige van die diere het gevrek aan sekondêre infeksies wat opgedoen is nadat voëlgriep hul immuunstelsels verswak het.