Amerikaanse appèlhof blok Texas se immigrasiewet

Slegs ‘n paar uur na die Amerikaanse Hooggeregshof aan Texas die groen lig gegee het om sy omstrede immigrasiewet toe te pas, het ‘n Federale Appèlhof die staat geblokkeer om dit toe te pas. Die SB4-wet gee die polisie wye magte om migrante wat vermoed word die Amerikaans-Meksikaanse grens onwettig oorgesteek het, in hegtenis te neem. Ingevolge die wet is die straf vir onwettige binnekoms in Texas tot 20 jaar tronkstraf. Die Appèlhof se bevel bly van krag totdat Texas versoek dat hy intussen toegelaat te word om wet toe te pas, terwyl die Appèlhof vandag argumente oor die regsgeldigheid daarvan aanhoor.