Amerikaanse ambassadeur se besoek in Noorde suksesvol

Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië Randy Berry se amptelike besoek aan die noordelike streke word deur die ambassade as suksesvol beskryf. Die ambassadeur het met amptenare en vennote van die Amerikaanse Pepfar-program teen MIV en vigs in gesprek getree in die streke van Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena. Berry het ook besoek afgelê by die Oshana-streeksgoewerneur Elia Irimari, die burgemeester Oshakati Leonard Hango en die dorp se bibilioteek. Skakelbeampte van die ambassade, Tiffany Miller gee terugvoering aan Kosmos 94.1 Nuus.