Amerikaanse ambassade waarsku aanval is op hande
Die Amerikaanse ambassade in Rusland waarsku ‘ekstremiste’ het planne vir ‘n aanval binnekort in Moskou, ure nadat Russiese sekerheidsdienste gesê het hulle het ‘n beplande skietery by ‘n sinagoge deur ‘n sel van die Afghaanse afdeling van die Islamitiewe Staat gefnuik. Die ambassade, wat herhaaldelik alle Amerikaanse burgers aangemoedig het om Rusland onmiddellik te verlaat, het nie meer besonderhede gegee oor die aard van die bedreiging nie, maar sê mense moet konserte en skares vermy en bewus wees van hulle omgewing. Die ambassade raai Amerikaanse burgers op sy webblad aan om oor die volgende 48-uur groot byeenkomste te vermy.