Amerika vrees aanval deur Iran op Israel is op hande

Amerika het reisbeperkings ingestel vir sy ambassadepersoneel in Israel weens vrese oor ‘n aanval deur Iran. Personeel mag nie buite die groter Jerusalem-, Tel Aviv- of Berseba-gebiede reis nie. Dit volg op Iran se belofte dat hy sal terugslaan na ‘n dodelike aanval byna twee weke gelede op sy konsulaat in Sirië, waarvoor Teheran, Israel blameer het. Amerikaanse amptenare verwag die aanvalle sal militêre instellings teiken. BBC News berig Iran steun Hamas sowel as ander militante groepe in die Midde-Ooste.