Amerika verwyder 20 ambassade-personeel uit Haïti

Geweld het toegeneem in Haïti se hoofstad, Port-au-Prince. ʼn Helikopter van die Verenigde Nasies is deur geweervuur getref en twee bendes teiken blykbaar voertuie van die Amerikaanse ambassade. CNN berig die aanvalle en ʼn toename in bende-bedrywighede naby die ambassade het amptenare laat besluit om tot 20 diplomatieke personeel uit die hoofstad te verwyder. Bendes in Haïti beheer groot dele van die hoofstad en die voortslepende geweld die afgelope jare het meer as 700 000 Haïtiane dakloos gelaat. Die VN berig 3 661 mense is sedert Januarie vanjaar vermoor.