Amerika verleng Agoa-ooreenkoms: Patel

Die buurland se handel-minister, Ebrahim Patel, het bekendgemaak Amerika het ʼn voorlopige ooreenkoms bereik met Afrikalande, waarvan Namibië een is, om die Agoa-ooreenkoms met nog ʼn dekade te verleng. Hy sê dit is onderworpe aan goedkeuring van die Amerikaanse Kongres. Die huidige ooreenkoms, wat meer as 30 Afrikalande in staat stel om goedere belastingvry na die Amerikaanse mark uit te voer, verval in September volgende jaar. Volgens Patel wil hulle ook die vlak van vervaardigde goedere na Amerika verhoog as deel van die herindustrialiseringstrategie.