Amerika stuur nog vegvliegtuie, oorlogskepe na Midde-Ooste
Die Amerikaanse weermag sal bykomende vegvliegtuie en oorlogskepe na die Midde-Ooste ontplooi, sê die Pentagon. Dit kom terwyl Washington poog om verdediging te versterk na dreigemente van Iran en sy bondgenote Hamas en Hezbollah. Iran het beloof om te reageer na die moord op Hamas-leier Ismail Haniyeh twee dae gelede in Teheran. Die Amerikaanse verdediging-minister, Lloyd Austin, het goedgekeur dat bykomende vlootskepe wat ballistiese missiele kan afskiet na die Midde-Ooste en Europa gestuur word. ‘n Bykomende eskader vegvliegtuie sal ook na die Midde-Ooste ontplooi word.