Amerika spog met nuwe ambassade-kampus

Die nuwe kampus van die Verenigde State van Amerika se Namibiese ambassade in Metjestraat, Klein Windhoek, is voltooi. Die media is op ‘n begeleide toer van die kampus geneem waarop die die nuutste ontwerpe, innoverende kenmerke en die gevorderde tegnologieë wat in die struktuur geïntegreer is, uitgewys is. Scott Stables, die konstruksie-bestuurder, het insigte gegee oor die omvang van die kampus.

Amerika se ambassadeur in Namibië, Randy Berry, sê werkers op die kampus, wat meesal uit Namibiërs bestaan, sal in Januarie intrek.