Amerika sluit Kiëf-ambassade ná lugaanval-waarskuwing
Amerika het sy ambassade in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, tydelik gesluit ná inligting rakende ‘n potensiële groot lugaanval vandag. Die ambassade het Amerikaanse burgers ook gevra om onmiddelik skuiling te soek indien ‘n lugwaarskuwing aangekondig word. Die nuus volg enkele dae nadat die Biden-administrasie aangekondig het hy sal toelaat dat Oekraïne Amerikaans-vervaardigde missiele teen Rusland afvuur. Oekraïne se lugverdedigingseenhede het volgens berigte vroeg vanoggend probeer om ‘n Russiese lugaanval op Kiëf af te weer. Die Oekraïense Weermag sê hy het 56 van 122 hommeltuie wat oornag deur Rusland gelanseer is, afgeskiet.