Amerika slaan teiken in Oos-Sirië
Amerika het vir die tweede keer in die afgelope weke lugaanvalle uitgevoer op ‘n wapenbergingsfasiliteit in Oos-Sirië, wat volgens die Pentagon deur Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps en geaffilieerde groepe gebruik is. Amerikaanse en koalisie-troepe is sedert die begin van Oktober minstens 40 keer in Irak en Sirië deur Iran-gesteunde magte aangeval, namate die vrese groei dat die Israel-Hamas-oorlog in die streek kan versprei. Amerika het reeds oorlogskepe en vegvliegtuie na die streek gestuur, insluitend twee vliegdekskepe, om Iran en Iran-gesteunde groepe te probeer afskrik. Duisende troepe is ook na die streek vervoer.