Amerika se krieket-afrigter sê ‘nog baie om te leer’

Krieket: Amerika se afrigter, Stuart Law, weier om die stophorlosie-straf die skuld te gee vir gister se nederlaag teen Indië in hulle groepswedstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die medegasheer is die eerste span wat gestraf is ingevolge die nuwe reël wat die boulspan verplig om met die volgende boulbeurt te begin binne ‘n minuut nadat die vorige een geëindig het. Indië was na 15 boulbeurte op 76 vir drie toe hulle vyf lopies toegeken is, en het die teiken van 111 in die voorlaaste boulbeurt bereik. Volgens Law het hulle nog baie om te leer.