Amerika se ambassadeur in SA bedank
Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, het sy bedanking aangekondig ná Donald Trump se oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing. Die Demokraat wat deur die uittredende president, Joe Biden, aangestel is, sal tot Januarie aanbly, net voor Trump se inhuldiging. Brigety beklemtoon belangrike ekonomiese vennootskappe is tydens sy ampstermyn gevorm. Volgens TimesLive het Brigety beweer hy het 267 000 Suid-Afrikaanse werksgeleenthede ondersteun, wat tot voordeel van die jeug, onderwys en gesondheidsprojekte was.