Amerika ondersteun nie Taiwan-onafhanklikheid

President Joe Biden sê Amerika steun nie die onafhanklikheid van Taiwan nie. Reuters berig Biden is sy reaksie gevra na die verkiesing in Taiwan, nadat kiesers China ignoreer en die regerende party ‘n derde presidensiële termyn gegee het. Die VSA het in 1979 diplomatieke erkenning verskuif van Taipei na Beijing en gesê hy steun nie Taiwan se formele onafhanklikheidsverklaring nie. Hy behou egter nie-amptelike betrekkinge met die selfregerende eiland en bly sy belangrikste ondersteuner en wapenverskaffer.