Amerika ondersteun Israel steeds na Rafah-aanvalle

Die Withuis sê Israel se onlangse operasies en aanvalle in die suidelike stad Rafah in Gaza is nie groot operasies op land wat enige Amerikaanse gevaarlyne oorskry nie. Dit volg nadat 45 Palestyne, wat volgens berigte vroue en kinders insluit, Sondag in ʼn Israelse aanval op ʼn kamp vir ontheemdes dood is. Die woordvoerder van Amerika se Nasionale Veiligheidsraad, John Kirby, sê Amerika ignoreer nie die lot van Palestynse burgerlikes nie.