Amerika moedig bondgenote aan om Oekraïne te ondersteun

Amerika se minister van verdediging, Lloyd Austin, het die land se bondgenote aangemoedig om Oekraïne te ondersteun, omdat dié land ‘n deurslaggewende tyd in die oorlog met Rusland binnegaan. Austin het die opmerking gemaak tydens die samesprekings tussen meer as 50 lande by die Ramstein-lugmagbasis in Duitsland. Die gesprekke handel onder meer oor die koördinering van pogings om meer wapen-voorraad aan Oekraïne te verskaf nadat ‘n aantal van hul beloftes in die verband gemaak het. Austin het gesê Amerika sal leiding neem om toe te sien dat Oekraïne homself kan verdedig en is trots daarop dat hulle hulp kan verskaf.