Amerika lê skietstilstand-plan by VN voor

Amerika het in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ʼn konsepresolusie voorgestel vir ʼn tydelike skietstilstand in Gaza, en dat Israel nie voortgaan met ʼn beplande aanval in Rafah nie. Die konsepresolusie wat die Biden-administrasie voorstel, is ʼn alternatief vir dié van Algerië waarin ʼn onmiddellike humanitêre skietstilstand gevra word. Amerika waarsku teen die gevolge van ʼn Israelse grondaanval in Rafah en sê dit sal burgerlikes verder benadeel en ontwortel wat kan beteken hulle moet na buurlande gaan.