Amerika ‘diep bekommerd’ oor China se Taiwan-oefeninge

Die Amerikaanse staatsdepartement sê hy is “diep bekommerd” oor China se militêre oefeninge rondom Taiwan, en het China sterk versoek om selfbeheersing aan die dag te lê. Die departement het die verklaring uitgereik nadat China twee dae van oorlogspeletjies rondom Taiwan beëindig het waarin hy aanvalle met bomwerpers gesimuleer het en geoefen het om aan boord van skepe te gaan. Taiwan veroordeel die oefenine as “blatante provokasie”. China, wat die demokratiese Taiwan as sy grondgebied opeis, het die oefeninge van stapel gestuur drie dae nadat Lai Ching-te, wat Beijing ‘n “separatis” noem, Taiwan se president geword het.