Amerika, Brittanje val Houthi-rebelle in Yemen aan

Amerika en Brittanje het lugaanvalle op Yemen uitgevoer wat volgens hulle ‘n poging is om die rebelle, wat deur Iran gesteun word, se vermoë om ter see aan te val, te verswak. Volgens Houthi-media is tien mense dood. Die Houthi’s teiken sedert November skeepvaart rondom die Rooisee en die Golf van Aden, uit solidariteit met die Palestyne in die Gaza-strook, wat deur Israel gebombardeer word sedert die militante groep, Hamas, op 7 Oktober ‘n aanval op Israelse grondgebied uitgevoer het.