American Corners herdenk plaaslik 10 en 20 jaar
Vanjaar is die 10de en 20ste herdenking van die American Corners in onderskeidelik Ongwediva en Walvisbaai. Dit onderstreep die blywende samewerking tussen die Amerikaanse ambassade, die Ongwediva-dorpsraad en die Walvisbaai-munisipaliteit, wat dekades van die bevordering van leer, kreatiwiteit en gemeenskapsontwikkeling vier. Albei Corners ontvang ‘n belegging van sowat 250 000 Namibiese dollar van die Amerikaanse regering. American Corners is vennootskappe tussen Amerikaanse ambassades en plaaslike instellings wêreldwyd, wat opvoedkundige advies, werkswinkels, tegnologieklasse en kulturele geleenthede bied. Tiffany Miller, die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het meer inligting.