Amcu sê mynbase moet aangekla word vir nalatigheid
Die vereniging van mynwerkers en konstruksie-unie, Amcu, sê nalatige mynbase moet van strafbare manslag aangekla word in gevalle waar werkers op die terrein sterf. Dit volg nadat elf mynwerkers Maandag by die Impala-platinum-myn in Rustenburg, Noordwes dood is. ʼn Hysbak wat mynwerkers op en af in die skag vervoer, het onverwags 200 meter ver geval. Amcu se president, Joseph Mathunjwa, sê die ramp kon voorkom word: