Ambulanse op SA se hoofroetes ontplooi

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het mediese nooddienste op die land se hoofroetes, strategiese punte en brandpunte ʼn hupstoot gegee deur meer as 1 540 ambulanse te ontplooi. Dit behoort die mediese nooddienste se reaksietyd te versnel tydens die feestyd wanneer daar gewoonlik ʼn groter vraag na hierdie dienste is. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hierdie syfer sal aangevul word deur ambulanse uit die privaatsektor as deel van bestaande diensvlakooreenkomste met provinsies: