AmaZulu-koning se kroningsplegtigheid uitgestel

Die kroningsgeleentheid van koning Misuzulu KaZwelithi waarna met groot verwagting uitgesien is, is uitgestel weens die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal wat die lewens van meer as 400 mense geëis het. Die kroning, waarna duisende hoogwaardigheidsbekleërs uitgenooi is, insluitend talle van oorsee, sou op 28 Mei plaasvind. Prins Mangosuthu Buthelezi sê daar is besluit die fokus moet op heling wees en die herstel van dit wat verlore gegaan het. ‘n Nuwe datum sal binnekort aangekondig word.