AmaZulu-koning se gesondheid is uitstekend, Buthelezi praat snert

Die kantoor van die AmaZulu-koning Misuzulu KaZwelithini het Mangosuthu Buthelezi se verklaring ontken, dat die koning in ‘n hospitaal in Eswatini is. Volgens Buthelezi het die koning siek gevoel en daar word vermoed dat hy vergiftig is. Die koning se woordvoerder, prins Africa Zulu, sê egter dit is ‘n georkestreerde agenda en ‘n desperate poging om lasterlike en ongegronde aansprake oor die monarg se gesondheid te versprei. Hy sê die koning se gesondheid is uitstekend: