Amazon in Duitsland maak ommekeer oor kantoorwerk

Amazon-werknemers in Duitsland sal vir tot twee dae per week van die huis af kan werk wanneer die maatskappy se wêreldwye keer-terug-kantoor-toe-mandaat in werking tree. Volgens Business Insider het bestuurders dié week personeel oor die maatreël ingelig. Amazon het vroeër ‘n mandaat aangekondig vir alle werknemers om van Januarie af voltyds terug te keer kantoor toe. Die maatskappy sê die verwagting vir Duitse werknemers is steeds om vyf dae per week in die kantoor te werk, maar reëlings kan getref word vir twee dae per week, beperk tot ‘n tydsbestek van een jaar.