Amashulelo moet wag vir uitspraak oor motors, bankrekeninge

Uitspraak in die saak waarin die aanklaer-generaal aansoek gedoen het vir bewaringsbevele teen Michael Amushelelo, is deur regter Thomas Masuku uitgestel tot 25 Julie. Martha Imalwa se kantoor wil bevele vir agt luukse voertuie sowel as 13 verskillende bankrekenings bekom. Die voertuie sluit in Audi’s, Mercedes-Benz, BMW en Ranger Rover modelle. Die aansoek het te doen met die vermeende geldwassery waarvoor hy aangekla is, wat nog in die hoërhof afgehandel moet word. Amushelelo het die aansoek verdedig.