Amarillo wil gebruik van paaie om elders aborsie te bekom, kriminaliseer

Aborsie is onwettig in Texas, maar inwoners in die stad Amarillo wil ‘n stap verder gaan – hulle wil selfs die gebruik van die stad se paaie wat mense toelaat om die prosedure elders te soek, verbied. Sulke wette, wat deur kritici as ekstremisties afgemaak is, is wetlik twyfelagtig en byna onmoontlik om af te dwing – tog het dit nie die verspreiding daarvan in die Verenigde State gestop nie. Die snelweë deur Amarillo verbind die Republikeinse geleide Texas met New Mexico, Colorado en Kansas, waar aborsie steeds wettig is. Die voorstel in Amarillo sal private burgers toelaat om enigiemand te dagvaar wat ‘n swanger vrou vervoer wat ‘n aborsie eldrs soek.