Alzheimer-middel toon belowende resultate

Alzheimer’s Research UK sê die eerste middel wat kan keer dat Alzheimer se siekte die brein vernietig, is ‘n hoogtepunt. ‘n Kliniese proefneming met die eksperimentele middel, Lecanemab, het bevind dit verminder oor ‘n tydperk van 18 maande die agteruitgang in pasiënte se breinvermoë met 27 persent. Die grootskaalse proefneming het 1 795 vrywilligers in die vroeë stadium van die siekte betrek. Volgens die gepubliseerde verslag is 13 mense tydens die proefneming dood waarvan ses die middel en sewe die plasebo ontvang het. Volgens die verslag het die ondersoekers nie een van die sterftes aan die middel toegeskryf nie.