Alweendo stel Nasionale Energieraad aan

Die energie-minister, Tom Alweendo, het ‘n Nasionale Energieraad van agt lede aangestel. Die raadstermyn is vir drie jaar, effektief 1 Februarie vanjaar tot 31 Maart 2027. Die raad se primêre pligte sal wees om die minister te adviseer oor alle aspekte van die Nasionale Energiefonds. Dit sal ook aanbevelings doen oor wysigings van die Wet op Petroleumprodukte en Energie, of enige regulasie wat ingevolge die wet gemaak moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ten Hasheela, die ministerie se woordvoerder.