Alweendo slaan die spyker op die kop – kenner

‘n Politieke kenner sê die Swapo-party sal hard moet werk om die vertroue van Namibiërs terug te wen. Dit volg nadat die minister van myne en energie, Tom Alweendo, Swapo-leiers gemaan het dat daar geen waarborg is dat die regerende party vir nog 30 jaar aan bewind sal wees nie. Alweendo het tydens die party se uitvoerende komiteevergadering van die Karas-streek, beklemtoon leiers moet kwessies en bekommernisse van die kiesers aanspreek. Politieke kommentator Ndumba Kamwanya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê Alweendo slaan die spyker op die kop.