Alweendo sê oor ‘vertragings’ by Baynes

Na aanvanklike studies reeds tussen 1995 en 1998 voltooi is, vorder die Baynes hidroëlektriese aanleg uiters stadig. Die begroting vir die projek waarin Namibië en Angola elektrisiteit sal deel, beloop rondom 1,2 miljard Amerikaanse dollar. Konstruksie moes reeds in 2021 begin het met die dam wat amptelik in werking gestel sou word teen 2025. Dit is uitgestel tot 2029. Kosmos 94.1 Nuus het met die minister van myne en energie Tom Alweendo oor die projek gepraat.