Alweendo sal Baynes-ooreenkoms onderteken, projek kry momentum

Dit wil voorkom asof die Baynes Hidroëlektriese-projek uiteindelik uit die blokke kom. Die eerste studies is reeds in 1995 en 1998 voltooi. Die kabinet het ondersteuning vir die ontwikkeling van die projek goedgekeur en die lynminister Tom Alweendo opdrag gegee om die ooreenkoms met Angola te onderteken. Die dam, geleë langs die Kunene-rivier, 200 km stroomaf van Ruacana sal krag genereer vir beide Angola en Namibië. Die tender vir die pad na die projek, wat meer as ‘n miljard Namibiese dollar werd is, het reeds in Oktober gesluit. Wanneer die projek van ongeveer 22 miljard Namibiese dollar voltooi is, sal dit ‘n meer van 57 vierkante kilometer met 2,65 miljard kubieke meter water wat 880 megawatt krag van opwek.