Alweendo ontken bewerings van korrupsie
Energie-minister Tom Alweendo het gewigtige korrupsiebewerings in die Nasionale Vergadering rakende die lisensiëring van olie- en gaseksplorasie aan die Namibiese kus vinnig ontken. Dit volg op ‘n vraag in die verband wat deur die Landless People’s Movement-parlementslid, Henny Seibeb, gevra is. Volgens Alweendo het soortgelyke bewerings ook op sosiale media verskyn. Alweendo voeg hy dat die publiek moet help om korrupsie te beveg.