Alweendo kritiseer Opul vir beheer van olieprys
Die minister van myne en energie Tom Alweendo, het skerp kritiek uitgespreek teenoor Opul en sy vennote en sê die beleide van die kartel maak dit uiters moeilik vir lande om inflasie te beheer en die ekonomie te stabiliseer. Opul beheer olie produksie om die prys per vat te reguleer. Volgens Alweendo beteken ‘n laer prys per vat ook nie noodwendig dieselfde daling in die brandstofprys nie. Hy sê verbruikers is die slagoffers van die praktyk omdat die beheer van die olieprys die koste van alles raak. Heffings is plaaslik verlaag om die verbruiker teen die wisselvallige prys van brandstof te beskerm wat die regering tot ‘n miljard Namibiese dollar kos.