Alweendo kap Itula oor groenwaterstof-uitlatings

Energie-minister Tom Alweendo sê in ‘n plasing op X die waninformasie oor die groenwaterstof-program wat deur die IPC versprei word is onaanvaarbaar. Dit kom na ‘n gesprek in Oshiwambo wat IPC-leier Panduleni Itula met senior lede van ‘n gemeenskap in die noordelike streke gehad het. Alweendo verwys na ‘n video van die gesprek en sê Itula vertel leuens aan die mense vir politieke gewin, op ‘n wyse wat onvergeeflik is. Itula het ook onlangs gesê “groenwaterstof is soos Fishrot”, sonder enige bewyse, waarvoor hy volgens Alweendo die hele land om verskoning moet vra.