Alweendo is hoofspreker by energie-forum in Parys

y die Invest in African Energy Forum in Parys, Frankryk, in Junie sal die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo die hooftoespraak lewer met die doel om Namibiese-Franse betrekkinge en vennootskappe te versterk. Met die groot olie- en gas-ontdekkings aflandig van die Namibiese kus, bied die land nuutgevonde geleenthede vir beleggers en projek-ontwikkelaars. Franse maatskappye soos TotalEnergies en Perenco is betrokke in Namibië. Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom van die ministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Alweendo gaan by die forum Namibië se energie-potensiaal bevorder.