Alweendo bekommerd oor brandstof-smokkelary uit Angola

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê die brandstof-smokkelary uit Angola het erge gevolge op brandstof-kleinhandelaars en dit is moeilik om ‘n oplossing te vind om die onwettige verkoop van brandstof uit Angola te keer. Boonop het die ministerie die afgelope jare oorweldigende aansoeke vir brandstof-handelslisensies ontvang met tans meer as 500 aktiewe lisensies. Alweendo sê dit is te veel vir die plaaslike aanvraag na brandstof wat ‘n negatiewe impak op die inkomste van kleinhandelaars het.