Almal wil ‘n stamhoof in Kunene wees

Die goewerneur van die Kunene-streek Maruis Sheya sê sy kantoor het 75 nuwe aansoeke ontvang van diegene wat beweer dat hulle stamhoofde is en erkenning as tradisionele leiers soek. Verskeie tradisionele owerhede in die streek is besig met interne rusies en eindelose litigasies waar talle owerhede met óf meer as een hoof veg vir erkenning. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige goewerneur van die streek Dudu Murorua gepraat wat sê die kwessie kom al ‘n lang pad en dit is nie nodig daar so baie tradisionele leiers moet wees nie.