Almal sal voordeel uit olie trek – SPYL

Die onlangse olie-ontdekkings aflandig van Namibië se suid-kus het gelei tot die bekendstelling van ‘n soewereine welvaartfonds, wat ‘n strategiese stap deur die regering aandui om die verwagte olie-inkomste doeltreffend te bestuur en toe te ken. Daar is egter vrese dat die geleenthede in die Suide mense uit die Noorde, of diegene wat deel is van die regerende party, meer kan bevoordeel. Ephraim Nekongo, die sekretaris van Swapo se jeugliga, SPYL, sê wanneer dit by natuurlike hulpbronne kom, is dit die regering se taak om seker te maak dat hierdie hulpbronne elke burger in die land bevoordeel, maak nie saak waarvandaan jy kom nie.