Almal moet weer registreer om te stem

Met stemdag vir 27 November bepaal, word Namibiërs van 18 jaar en ouer weer daaraan herinner dat almal weer sal moet registreer. Die verkiesingskommissie het aangekondig dat registrasie vir ‘n nuwe kiesersrol op 3 Junie sal begin en 1 Augustus tot ‘n einde kom. Die woordvoerder De Wet Siluka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.