Almal is lief vir die ANC – Fikile

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê mense spreek toenemend hul vertroue uit in die party onder leiding van president Cyril Ramaphosa, om die ekonomie te bou, werk te skep, dienslewering te verbeter en korrupsie te bekamp. Die ANC het in vorige verkiesings ‘n konstante afname in steun getoon, met peilings wat daarop dui dat dit hierdie keer onder 50-persent sal daal. Mbalula, het op die vooraand van hul finale verkiesingsbyeenkoms in die FNB-stadion gesê die ANC bly daartoe verbind om homself te vernuwe: