‘Almal het sport gefaal’
Die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek het na jare steeds nie begin nie. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het by ‘n geleentheid van die Oshakati-dorpsraad in Onawa ‘n vinger gewys na sportminister Agnes Tjongarero en gesê iemand sal aanspreeklik gehou moet word. Die aktivis Simon Amunime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hele administrasie het gefaal sover dit sport aangaan.